1. Gesofistikeerd
Die eerste een is simpel. Katte kak nie orals nie, hulle het die oordentlikheid om ‘n drol tussen die blomme te drop en dit toe te maak. Wat hulle eintlik doen is om hulle reuk weg te steek. Toe katte jarre cooler en nog wild was, het hulle hulle kak begrawe sodat roofdiere nie op dit afkom en besluit om in hulle rigting te skedêdel nie, waar honde in groepe voogekom het en nie regtig omgegee het of ander diere weet hulle is daar nie. Evolusionêre gerieflikheid. Dankie kat, jy’s ‘n buddy.
2. Onafhanklik
‘n Kat kanna homself kyk. Weer vergeet om jou kat te voer voordat jy Palaborwa toe is vir sewe maande? Moenie stres nie, daar’s heel moontlik klaar ‘n wêreld se vere op jou kombuis vloer, of ‘n rot stert in jou badkamer. Hang maar af van jou kat, party van hulle is nice en los vir jou ‘n rot karkas in die gang sodat jy heel gerieflik op dit kantrap oppad badkamer toe drie uur die oggend. Vark sê oink, hond sê woef, rot skedel sê kraak. Almal moet dit ten minste een keer ervaar. Dan is daar ook die feit dat jy nie ‘n kat hoef te bad nie, tensy jy een van daai fuckedup mense is wat vir hulle klere aantrek en deur jou familie afgesny is omdat jy hulle ‘n fokken kak naam gee. Dis heel moontlik dat jy die kat se haat vir jou as mens moet probeer af skrop.

“Fok alles.”
3. Druk nie hulle neus in jou balsak nie
Ek like soos almal bietjie aandag daar onder, maar dis bietjie weird as iemand hulle neus tussen jou ballas wil druk, nevermind ‘n hond.‘n kat is nie veel gepla nie, as jy baie nice is met hom sal hy toelaat dat jy hom vryf, maar hy gedra nie homself asof dit die einde van die wêreld sal wees as hy nie gevryf word nie. Hulle spring nie op jou met hulle modder pote nie.

“Ek sal nie stop voordat alles bruin of fuckedup is nie.”
Hulle kou nie alles wat rond lê fuckedup nie, heel moontlik omdat dit gewoonlik die kat self is wat rond lê. As ‘n kat jou af pis is dit ook makliker as meeste honde om oor ‘n muur te karate.
Honde is vir mense wat liefde nodig het heeltyd, wat nooit alleen wil wees nie, en wat die geduld het om na ‘n dier te kyk wat aanhoudend uit sy pad uit gaan om jou lewe kak te maak deur orals te kak, alles te eet, en oor die algemeen net ‘n doos te wees.














