Shaka se Lewens Lesse: Boek Skryf

Wou jy al ooit ‘n boek skryf? Ek ook, maar hier is n paar redes om dit nie te doen nie:

In die begin dink jy dis pis cool want met so paar ure se getik agter die belt, vind jy dat jy ewe skielik vinniger tik as die girl by die kantoor—en jy het nie eers tik lesse gehad nie, befok!— Sy ook nie dipshit, sy was in ‘n tegniese skool.

Na so honderd bladsye (ure se werk) laat jy iemand toe om jou boek te lees. Glo my, dis baie persoonlik en jy kry amper n kramp soos jy stres terwyl iemand jou storie lees.

Jou vriend lieg natuurlik vir jou en sê die storie is goed/awesome/blerrie fantasties. (VRIEND—naakse woord, hy het soms die selfe betekenis as ASSHOLE)
Maar na die goeie revue is jy ON TOP OF THE WORLD BABY!
Stephen King moet pasop want die kak gaan spat en bloed gaan vloei.

Jy besluit om solank die eerste paar chapters na ‘n publisher te stuur—voor op die wa en lekker windgat— die publisher is nét so vinnig om te reply, en jou te vertel dat jou storie nie is waarna hulle soek nie.

Ek weet wat jy dink: ‘Ja jy het seker weer ‘n boek met drake en vampires geskryf!’
Fokkol!
Ek het nie eers by die deel gekom met die drake nie.

Anyway! Na die teleurstelling wonder jy of jy moet begin met n nuwe storie. NOG N FOKKEN FOUT!

Blykbaar wil niemand lees oor zombies wat vegeterian word nie.

Mors eerder jou tyd met ‘n home-made porn video — stuur die video vir my, ek sal vir jou ‘n eerlike opinie gee. As jou girl of jou movie meer as 100(kg/mb) is, gaan dit nie in my inbox pas nie.

PS: Ek het nog nooit ‘n storie boek probeer skryf nie, maar wees op die uitkyk vir my nuwe kook-boek: 40 sop resepte vir ‘n fokken koue winter. Dit sal ‘n goeie geskenk wees vir weeshuise of arm families.

Volg Shaka op Twitter